1ste Oscar-toekenningsaand

  1ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 16 Mei 1929
Plek Hollywood Roosevelt Hotel,
Hollywood
Aanbieder Douglas Fairbanks
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Wings[1]
Meeste pryse  Seventh Heaven
Sunrise: A Song of Two
Humans
(3 elk)
Meeste benoemings  Seventh Heaven (5)
Die 1ste Oscar-toekenningsaand, wat deur 270 mense bygewoon is.

Die 1ste Oscar-toekenningsaand deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences (AMPAS) is op 16 Mei 1929 gehou om die beste rolprente van 1927 en 1928 aan te wys. Dit is gehou met ’n privaat aandete in die Hollywood Roosevelt Hotel in Los Angeles, Kalifornië. Die AMPAS-president, Douglas Fairbanks, was die aanbieder. Kaartjies het $5 gekos, 270 mense het dit bygewoon en die toekennings het 15 minute geduur. Dit is die enigste Oscar-seremonie wat nie oor die radio of op televisie uitgesaai was nie.

Die pryse, toe nog bekend as Academy Awards, is in 12 kategorieë toegeken en Charlie Chaplin en Warner Brothers het erepryse ontvang.[2][3]

Wenners sluit in Seventh Heaven en Sunrise: A Song of Two Humans (3 pryse elk) en Wings (2 pryse).

  1. "This day in History" (in Engels). History (TV-kanaal). A&E Television Networks. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 5 Oktober 2010.
  2. "History of the Academy Awards" (in Engels). Academy of Motion Picture Arts and Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2014. Besoek op 6 Mei 2010.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named dirk

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search